'n Oomblik in die wind is die aangrypende verhaal van liefde oor die kleurgrense heen in die agttiende eeu. Elisabeth vergesel haar Sweedse eggenoot, Erik Alexis Larsson, en 'n gids, ene Van Zyl, op 'n ontdekkingsreis na die onherbergsame Kaapse binneland. Maar dan begin Van Zyl se drinkery, sy bakleiery en muitery. Op 'n dag stap Erik Alexis die wildernis in, om nooit weer terug te keer nie.
Adam Mantoor, 'n droster-slaaf, ontferm hom oor Elisabeth. Hy word haar beskermer in lewensgevaarlike omstandighede, en sy beloof om hom sy vryheid te help verkry.
'n Onvergeetlike verhaal deur 'n meesterverteller.
Oh no! Something unexpected happened
We're currently unable to load this modal.
An alert has been sent to our Developers, and we'll fix the problem as soon as possible. Please try again later.