Tromme van Onheil - Deur die skemer van 'n reënwoud in Papoea Nieu-Guinee stap 'n groepie mense moeisaam voort, terwyl doodsgevaar hulle elke oomblik omring.
Langs vreemde weë het die lede van die dié ekspedisie by mekaar uitgekom.
Iewers agter die digte plantegroei wat hulle soos groen mure omsluit, is daar oë wat hul gang noukeurig volg, die oë van kannibale. Dan begin die tromme hol en dof te dreun, soos 'n bose siddering wat oor die oerwoud trek.
Oh no! Something unexpected happened
We're currently unable to load this modal.
An alert has been sent to our Developers, and we'll fix the problem as soon as possible. Please try again later.